Subscribe by Email

Inwoners van Vuwani wil steeds die verkiesing boikot

vuwaniDie inwoners van Vuwani in Limpopo sê hulle gaan voort met hulle optrede ondanks ‘n skikking wat tradisionele leiers gister met die regering bereik het. Die gemeenskap betoog al maande lank teen die Munisipale Afbakeningsraad se besluit om die gebied by ‘n nuwe munisipaliteit in te sluit. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Des van Rooyen, het gister gesê die leiers het besluit om die optrede te laat vaar, skole te laat heropen en volgende week se plaaslike regeringsverkiesing te laat voortgaan. Die pro-Makhado Forum sê egter inwoners is steeds van plan om die verkiesing te boikot.

One Response to Inwoners van Vuwani wil steeds die verkiesing boikot

  1. Dimitri Boer

    Julie 29, 2016 at 3:44 pm

    Dis reg so nou raak die swartes die moer in vir die wartes se twak.