Subscribe by Email

Inwoners in Johannesburg word geskud.

Inwoners in sommige dele van Johannesburg is gisteraand deur ’n ligte aardskudding getref. Die aardbewing kon kort na nege uur gisteraand in dele van Melville, Greenside en Kensington gevoel word. Sommige mense het dit ook in Fairyland en dele van Randburg gevoel.

Volgens die raad vir Geowetenskap se webwerf was die laaste aardskudding Dinsdag op die ver Wesrand en het dit 2,7 op die Richterskaal gemeet. Dit is dus nog nie bekend hoe sterk gisteraand se skudding gemeet het nie.

Daar is ook geen beserings of skade aangemeld nie.