Subscribe by Email

Internetkoste word verlaag

Internet-IPv6Die minister van Telekommunikasie, Siyabonga Cwele, sê Suid-Afrika mik daarna om teen 2019 sy mobiele breëband-dekking tot tagtig persent van die bevolking uit te brei. Hy het aan die Parlement gesê ‘n nuwe telekommunikasie-beleid wat binne die volgende paar maande afgehandel sal word, sal hindernisse tot toegang uit die weg ruim en groei in die bedryf aanmoedig. Die Wêreldbank beskou Suid-Afrika se kommunikasie-koste as die hoogste in Afrika en Cwele sê ‘n nuwe spektrum-beleid sal ooptoegang-netwerke steun en verbruikers help voordeel trek deur keuse uit te brei en internetkoste te verlaag.