Subscribe by Email

Indonesiese regering verskerp sy straf vir kinders se verkragters

1F774BB7-78C7-4D9B-B087-069C311B8C8B_mw1024_s_nDie Indonesiese regering het die straf verskerp van oortreders wat geweldsmisdade teen kinders pleeg. Dit sluit die bendeverkragting en moord op ‘n 14-jarige meisie in. Voorheen was die straf vir die verkragting van ‘n volwassene of ‘n kind 14 jaar agter tralies, maar nou kan ‘n oortreder die doodstraf en chemiese kastrasie opgelê word. President Joko Widodo sê die veranderinge het ten doel om die krisis, wat veroorsaak word deur seksuele geweld teen kinders, hok te slaan.