Subscribe by Email

In kerk doodgeskiet

charlesNege mense is dood en nog een gewond  toe ‘n skieter vanoggend vroeg Suid-Afrikaanse tyd  op kerkgangers in Charleston in die Amerikaanse deelstaat Suid-Carolina losgebrand het.

Die stad se polisiehoof sê ‘n 21-jarige  wit man het die Emanuel AME-kerk  binnegegaan en op die mense binne die gebou begin skiet.

Agt mense is in die kerk doodgeskiet en nog ‘n persoon is later in ‘n hospitaal dood.