Subscribe by Email

Impakbank se rol die naweek baie belangrik

Die waarde van die impakbank veral om die oond nuwe woema te gee, word blykbaar al meer en meer deur Suid-Afrikaanse afrigters besef.
Dit blyk uit die handvol Springbokke, veral voorspelers, wat die naweek vir Suid-Afrikaanse super 15-spanne van die plaasvervangerbank af speelkans gaan kry.
Veral die Cheetahs het ‘n lang geskiedenis van sy impakspelers baie suinig inspan, met talle spelers wat geen speelkans kry nie, of so laat in die wedstryde opgestuur word dat daar van impak maak min sprake is. Trouens, dikwels neem dit ‘n rukkie om voete te vind, en die eindfluitjie blaas voor dit gebeur het.
‘’n Uitsondering was toe die Cheetahs die sogenaamde stutfaktor begin gebruik het.
Maar nou het die Cheetahs net twee agterspelers op die plaasvervangerbank, met Kabamba Floors wat al die groen-en-goud oor die kop getrek het. Die Stormers het ook ‘n paar Bokke op die plaasvervangersbank, met JC van der Linde onder die voorspelers wat ‘n gesoute Springbok is. Ook die Bulls spog met ‘n handvol Springbokke op die bank, met onder meer twee manne wat op slot kan sak – Flip van der Merwe en Danie Rossouw.
Die aanduidings is dus dat ‘n hele aantal spelers betreklik vroeg in die naweek se wedstryde vir ‘n paar vars bene in die oond gaan sorg, en dat daar voorlangs hard gewoel gaan word. ‘n Mens kan verwag dat van die voorspelers ook verwag gaan word om die bal sterk te dra.
Floors sal waarskynlik, as beserings lol, weer agterlangs moet gaan uithelp. Hoewel hy ‘n baie suksesvolle beginspan-speler is, bly hy ‘n troef as impakspeler weens die spoed waarmee hy kruis en dwars oor die veld kan beweeg. Boonop het hy genoeg makkers op die bank om te verseker dat die opponente se voorspelers vas genoeg sal moet speel dat hy nie sommer vasgepen word nie.
Wat die Bulls-Stormers-wedstryd betref, is dit amper ‘n sonde dat daar waarskynlik ‘n verloorspan sal moet wees. Beide spanne loop oor van talent – in so ‘n mate dat spelers soos Francois Hougaard en Juan de Jongh eers sal moet uitsit. Met Dealdt Duvenhage en Deon Fourie in die beginspan, weet die opponente hulle gaan ‘n besige tydjie op die veld beleef. – Herman Toerien