Subscribe by Email

Huur ‘n baba of kind vir R 20 in Johannesburg

Foto: Eyewitness News

In Johannesburg se strate kan jy jong kinders en babas huur vir so min as R 20 per dag, om jou te help bedel op straathoeke. Eyewitness News en Carte Blanche het in ’n gesamentlike ondersoekende operasie hierdie skok onthulling ontdek.

Die jong kinders en babas word na bewering ook verdoof met drank of ander middels, sodat hulle nie lastig word wanneer hulle gebruik word om motoriste en verbygangers se harte sag te maak om geld aan hierdie profesionele bedelaars te gee nie. Sommige verdien tot R 500 per dag, met die hulp van hierdie gehuurde kinders.

’n Welsynswerker, Elsabe Coetzee het dit ten doel om hierdie kinders almal uit die strate te kry.

Koerant.com is net so verstom soos die leser hieroor, veral omdat dit ondersoekende joernaliste is wat hierdie vergrype moet ontbloot, en privaat welsynwerkers is wat die kinders wat so gebruik word, moet help, terwyl ons nooit hoor dat die polisie of regering enige iets hieraan doen nie.

One Response to Huur ‘n baba of kind vir R 20 in Johannesburg

  1. maries j.v.r

    Maart 8, 2015 at 9:55 am

    Sal graag wil help
    0712250812