Subscribe by Email

Hulp aan Ciprus op ys

Die Europese Unie het nie tydens ‘n vergadering Maandag ‘n besluit geneem oor of Ciprus finansieel te hulp gesnel sal word nie.

Ciprus is die jongste lid van die Europese Unie wat klaarblyklik nie die mas opkom nie.

Die Europese groep het besluit om eers te wag tot na die Cipriotiese verkiesing op 17 Februarie. ‘n Belangrike vlieg in die salf is die kommunistiese president, Dimitris Christofias, wat hom blind hou vir die omvang van sy land se probleme. Daar word gehoop om na die verkiesing met ‘n meer pragmatiese nuwe president te kan werk. Dit is lank reeds bekend dat die president ongelukkig is met die maatreëls wat ingestel word wanneer lande uit die ellende gehelp moet word.

Voorts moet die oudit van die land se banke ook eers afgehandel word.

Die vermoede is dat Ciprus nog tot die einde van Maart sy verpligtinge sal kan nakom, wat meer tyd gee om te besin oor die hulp wat Ciprus nodig gaan hê, en watter voorwaardes gestel moet word.

Herman Toerien