Subscribe by Email

Huldeblyke stroom in na die dood van die Nederlandse sokkerlegende, Johan Cruyff

151022113353-johan-cruyff-1-super-169Huldeblyke stoom in vir die Nederlandse legende, Johan Cruyff, wat gister op 68-jarige ouderdom aan kanker dood is. Cruyff, wat drie keer as speler van die jaar aangewys is, het Holland in 1974 na die Wêreldbeker-eindstryd gelei en as bestuurder was hy agt jaar lank in beheer van Barcelona. Lionel Messi, die huidige speler van die jaar wat al vyf keer die titel gedra het, het ook hulde gebring aan Cruyff toe hy op Twitter geskryf het: “RIP Johan Cruyff. Your legacy will live on forever.”