Subscribe by Email

Hulde aan Fourie du Preez

Fourie+du+Preez+XXXDie president van SA Rugby Oregan Hoskins het hulde gebring aan die Springbok-skrumskakel Fourie du Preez, wat vandag aangekondig het dat sy rugbyloopbaan verby is. Die 34-jarige Du Preez het Suid-Afrika verteenwoordig in 76 Toetse tussen 2004 en 2015, en was kaptein van die Springbokke in verlede jaar se Wêreldbeker in Engeland.  Hy het sy laaste wedstryd in die groen en goud gespeel in die Wêreldbeker-halfeindstryd teen Nieu-Seeland, waar hy ‘n besering opgedoen het wat gekeer het dat hy in die uitspeelwedstryd om die derde plek speel. Sy loopbaan het geëindig by die Japanese klub Suntory.