Subscribe by Email

Hou vol dat Reeva Steenkamp se dood ‘n tragiese ongeluk was

03_pistorius_2_r_wOscar Pistorius het in sy eerste televisie-onderhoud sedert Reeva Steenkamp se dood verduidelik wat gebeur het op die noodlottige nag in Februarie 2013 toe hy sy vriendin in sy huis in Pretoria doodgeskiet het. Die Paralimpiese kampioen het in die eksklusiewe onderhoud met Mark Williams-Thomas van die Britse tv-stasie ITV gesê Steenkamp se dood was ‘n tragiese ongeluk veroorsaak deur sy vaste oortuiging dat iemand by sy huis inbreek. Pistorius het in trane erken dat hy lang tronkstraf verdien, maar volgehou dat hy haar nie opsetlik doodgeskiet het nie. Hy sê hy wil nie sy lewe agter tralies deurbring nie, en as hy die geleentheid sou kry om sake reg te stel, wil hy graag minderbevoorregtes help.

Pistorius word op 6 Julie gevonnis nadat die Appèlhof sy skuldigbevinding aan strafbare manslag na moord omgeskakel het.