Subscribe by Email

Hooggeregshof-regter is onder skoot oor ‘n verkragting-opmerking

Mabel‘n Hooggeregshof-regter, Mabel Jansen, het haar opmerking oor swartmense en verkragting verdedig en sê dit is buite verband aangehaal. Sy het reageer op oproepe dat sy uit haar pos verwyder word na ‘n plasing op sosiale media dat verkragting ‘n swart kultuur is en dat sy nog nie ‘n swart meisie ontmoet het wat nie teen twaalfjarige ouderdom verkrag is nie. Jansen sê sy het net verwys na verkragtingsake in haar hof. Vuyani Ngalwana van die drukgroep Advocates for Transformation sê Jansen se uitbarsting etiketteer alle swartmans as verkragters en is veral skokkend komende van ‘n regter.