Subscribe by Email

Hongkong : groter groepe betoog

Die oproer, die ergste in Hongkong sedert China in 1997 sy heerskappy oor die voormalige­ Britse kolonie hervat het, het wit gaswolke­ in die lug tussen van die wêreld se duurste kantoortorings en inkoopsentrums laat draai.

Die amptelike mondstuk van China se regerende Kommuniste Party sê die owerhede sal nie toegewings maak aan pro-demokrasie betogers in Hong Kong nie.

Die koerant sê die betogers sal nie in hulle doelwitte slaag nie. Hy sê in ‘n voorbladberig die betogers se eise om ‘n vrye verkiesing te hê is nie wettig of redelik nie.

Die Kommuniste Party het in Augustus beslis dat kandidate vir die verkiesing van Hong Kong se leier vooraf gekeur sal word. Die betogers het intussen ingestem om samesprekings met die regering te voer, maar is nie van plan om die betogings op te skort nie.

Hulle het geëis dat die huidige leier van die stad, Leung Chun-ying bedank, maar hy het kort voor die spertyd vir sy bedanking verstryk het, gesê hy bly in sy pos aan maar is bereid om met die betogers samesprekings te voer.

Hulle beywer hulle ook vir die reg om hul eie kandidate aan te wys vir die verkiesing in die gebied in 2017.

hong kong protests