Subscribe by Email

Honderde Suid-Afrikaanse vredesmagsoldate as gyselaars aangehou

sudan’n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse weermag het berigte ontken  dat die Soedannese leër honderde Suid-Afrikaanse vredesmagsoldate  gyselaar gehou het om die veilige terugkeer van dié land se president, Omar Al-Bashir, te verseker.

Soedannese militêre eenhede het glo die kampe van die Suid-Afrikaanse soldate in Darfoer omsingel nadat die hooggeregshof in Pretoria gelas het dat Al-Bashir in hegtenis geneem moet word op onder meer aanklagte van misdade teen die mensdom.

Dié eenhede is glo  eers onttrek nadat Al-Bashir in Kartoem aangekom het.