Subscribe by Email

Honderde miljoene is nodig om beskadigde skole in Vuwani te herstel

A burnt classroom is seen in Mashau village in South Africa's northern Limpopo province, May 5, 2016. REUTERS/Siphiwe Sibeko

A burnt classroom is seen in Mashau village in South Africa’s northern Limpopo province, May 5, 2016. REUTERS/Siphiwe Sibeko

Die departement Basiese Onderwys sê sowat 440 miljoen Rand is nodig om skole te herstel wat beskadig en aan die brand gesteek is tydens maande se betogings in die omgewing van Vuwani in Limpopo. Die jongste voorval was eergister toe vier klaskamers van die Sekondêre Skool Mugoidwa op Tshivulana aan die brand gesteek is. Die departement sê dit vererger die provinsiale agterstand met die voorsiening van skool-infrastruktuur. Skole in Vuwani het gister heropen en die department is tevrede met die aantal leerlinge wat opgedaag het.