Subscribe by Email

Hoër sertifikaat status goedgekeur vir “Academy for Environmental Leadership SA”

Gys Botha (direkteur)

Gys Botha (direkteur)

Die Academy for Environmental Leadership Suid-Afrika (AEL) het suksesvol aansoek gedoen om hoër sertifikaat status vir hul een jaar kursus te ontvang. AEL was in September in kennis gestel, deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, dat die Raad op Hoër Onderwys (RHO) hul aansoek goedgekeur het.

“Daar is net twee formaliteite wat nog oorbly, maar die effek van hierdie akkreditasie is dat dit AEL volle erkenning gee op ’n tersiêre vlak vir ons unieke en heel eerste omgewing en leierskap kurrikulum. Ons het nou die vryheid om ’n kursus wat ten volle geakkrediteer is by ons unieke instelling in sy unieke omgewing te adverteer,” sê Gys Botha, hoof uitvoerende beampte en direkteur van AEL.

Die kwalifikasie, ’n hoër sertifikaat in Bewaringsekologie, NKR Vlak 5, sal in werking tree tydens die eerste kwartaal van 2017, sodra verdere goedkeuring ontvang is deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO), waarna die sertifikaat op die Nasionale Leerdersrekordsdatabasis gepubliseer sal word.

“Die akkreditasie en erkenning van AEL as ’n hoër opvoedkundige fasiliteit is ’n groot prestasie. Uiteindelik, as ons dit versigtig beplan en bestuur, mag ons in die toekoms besluit om ’n een jaar kursus vir ’n hoër sertifikaat, ’n twee jaar kursus vir ’n diploma en ’n drie jaar kursus vir ’n graad aan te bied,” sê Advokaat Fef le Roux, voorsitter, direkteur en stigter van die Akademie.

FEF Le Roux (voorsitter - direkteur)

FEF Le Roux (voorsitter – direkteur)

Die idee vir ’n keer-terug-na-ons-grondbeginsels opvoedkundige program was voorgestel deur Le Roux en onderskryf deur die beroemde omgewingspesialis, Dave Pepler. Saam het hulle die nuut-geakredditeerde kurrikulum wat AEL bekend voor is, ontwerp.

Vir skoolverlaters wat belang stel in ’n oorbruggingsjaar, sal die Academy for Environmental Leadership die perfekte opsie wees. Die doel van die instelling is om skoolverlaters wat besluit het om ’n omgewingsverwante beroep te volg of die wat nog onseker is oor hul toekoms, te lei en te ondersteun. Hier ontwikkel ons hulle lewensvaardighede, kennis, selfvertroue en leierskapeienskappe as deel van ’n aangename en onvergeetlike ondervinding, terwyl ons hulle terselfdertyd toerus met ’n tersiêre kwalifikasie. As hierdie kwalifikasie bereik word, sal dit die studente in staat stel om ’n verskeidenheid loopbaangeleenthede in omgewingverwante velde van die alternatiewe energie-industrie, landbou, bewaring, toerisme, navorsing en impakstudies, ens. te volg.

Vir meer inligting of enige navrae met betrekking tot AEL of om in te skryf, kontak vir Gys Botha by +27 (82) 4416 825, of stuur ’n e-pos aan gys@afel.ac.