Subscribe by Email

Hoekom was Koerant so stil?

Koerant.com het die afgelope week geskuif na ‘n ander perseel. Daarom was ons nuus effens aan die stil kant. Ons is egter nou amper weer gereed om gereeld die jongste nuus aan ons lesers te bring, vanuit ons nuwe kantore langs die Suidkus van KwaZulu-Natal, vanwaar ons ‘n pragtige uitsig het oor die branders van die Indiese Oseaan.

Tot tyd en wyl ons wag op Telkom om ons internet lyne te installeer by ons nuwe kantore, sal ons wel sommige nuus van nou af kan aanbied aan ons getroue lesers, deur middel van alternatiewe (maar baie duur) internet konneksies. Ons hoop egter om oor so een week van nou af volledig weer aan die gang te wees.

Dankie aan ons getroue lesers en twitter volgelinge wat saam met ons geduldig wag.