Subscribe by Email

Hoekom betaal ons nou meer vir olie?

Met die ru-olieprys wat sedert die einde van Junie met ongeveer $15 per vat gestyg het, lyk sake vir laer oliepryse in die aantog van die Noordelike halfrond se winter nie te goed nie.

Die styging word as die Mario Draghi-bons genoem. Draghi is die president van die Europese Sentrale Bank, en die man aan die stuur van Europa se pogings om die skuldkrisis af te weer. Hoe suksesvoller dit lyk of hu is, hoe beter raak die kanse dat die Europese ekonomie minstens nie sal verswak nie, en die vraag na ru-olie sal toeneem – en die pryse styg, aldus Phil Flynn, ‘n mark-analis van PRICE Futures Group in Chicago.

Geopolitieke verwikkelinge in die Midde-Ooste, soos die kernkrisis met Iran, die Siriese burgeroorlog en Egipte se probleme met gewapende insurgente in die Sinaiwoestyn help ook nie om rustigheid op die wêreldmarkte te skep nie.

Herman Toerien