Subscribe by Email

Hoe Amerikaners dink ná skoolslagting

AR15Terwyl die verkope van die veral die AR15- semi-outomatiese aanvalsgeweer die hoogte ingeskiet het na die slagting by die Sandy Hook-laerskool in Connecticut, voel 55 persent van die Amerikaners dat die verkope van semi-outomatiese en aanvalsgewere verbied moet word. Dit blyk uit ‘n Rasmussen-peiling wat pas bekend gestel is.

Die twintigjarige Adam Lanza het op 11 Desember 27 mense, waaronder 18 kinders, by die skool doodgeskiet. Dit is dieselfde soort vuurwapen as wat vroeër in die sogenaamde Batman-skietery in Colorado gebruik is.

Die peiling het wél ook aan die lig gebring dat bitter min Amerikaners ‘n totale verbod op vuurwapenverkope wil sien, en ook nie in wapenvrye woonbuurte wil woon nie.

In ‘n vroeëre peiling deur Rasmussen het aan die lig gebring dat 86 persent Amerikaners na die skietery wil hê dat meer aandag geskenk moet word aan die identifisering en behandeling van geestesongesteldhede. Altesaam 48 persent meen die doeltreffendste wyse om sulke voorvalle te verhinder is dat meer aandag aan die behandeling van sielsiekes die beste voorsorg teen sulke voorvalle is, terwyl net 27 persent meen dat strenger wapenbeheer die oplossing bied. Nog 15 persent wil die hoeveelheid gewelddadige rolprente en videospeletjies laat beperk omdat hulle meen dit sal die doeltreffendste voorkomingsmaatreël wees.

Hoewel net 15 persent meen gewelddadige videospeletjies en rolprente is die hoofoorsaak, glo 52 persent dat dit tot die toename van geweld in gemeenskappe bydrae, en 67 persent glo die deelstate moet toegelaat word om die verkope van sulke speletjies te verbied.
Herman Toerien