Subscribe by Email

Hlaudi Motsoening van die SAUK verloor sy appèlaansoek

Hlaudi-Motsoeneng-1024x594Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die SAUK se uitvoerende operasionale hoof, Hlaudi Motsoeneng, en die minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, verlof geweier om te appelleer teen ‘n uitspraak dat Motsoeneng se aanstelling tersyde gestel moet word. Regter Dennis Davis het die aansoek met koste van die hand gewys. Openbare Beskermer Thuli Madonsela het in 2014 aanbeveel dat tugstappe teen Motsoeneng ingestel behoort te word weens wanvoorstelling van sy kwalifikasies en magsmisbruik. Die SAUK is van plan om ‘n versoekskrif aan die Appèlhof te rig om teen die uitspraak te appelleer.