Subscribe by Email

Hlaudi Motsoening gaan nie appelleer teen die Appèlhof-uitspraak teen hom nie

hlaudi-motsoeneng-sabc-may-2016-sabc-local-tv-contentHlaudi Motsoeneng se regsverteenwoordiger sê hy aanvaar dat hy nie langer die permanente pos van uitvoerende operasionale hoof beklee nie, maar dat hy steeds ‘n gewone werknemer van die korporasie is. Die Appèlhof het gister Motsoeneng se aansoek van die hand gewys vir verlof om te appelleer teen ‘n Hooggeregshof-beslissing dat sy permanente aanstelling ongeldig was en tersyde gestel moet word. Motsoeneng gaan nie na die Grondwethof probeer appelleer nie.