Subscribe by Email

Herrie se zef nieskômmintaar

Herrie se Kerrie

Herrie se Kerrie

Kyk, Herrie is nie slim met politieke dinge nie. Maar as ‘n Vrystaatse LUR vir plaaslike “regering”, Ma Miekie, sê Ficksburg se onluste is olie apartheid se skuld, dan weet tot Herrie wat om van daai mening te dink. Die laaste apartheidswet is vanjaar twintig jaar gelede afgeskaf.
Dit klink alte veel vir Herrie na die logika van ‘n vorige Vrystaatse premier wat die peperduur rygoed waarmee die premier en LUR’e in townships opdaag, verdedig het deur te sê: “Ons móét met sulke karre ry, want kyk hoe lyk die paaie waarop ons moet ry.”
Maar eintlik is die snaaksste vir Herrie iets heel anders, wat Herrie aan ‘n ou kroegstorie laat dink. Van die man wat by die toonbank gaan sit, en elke keer twee drankies bestel. Die een drankie drink hy self, die ander gooi hy sy hemp se bo-sak in. ‘n Ander kroegganger wat dit gewaar, vra hoekom hy dit doen.
“Jou mo*r man!” snou die man van bosakfaam hom toe.
Met dié steek ‘n aangeklamde muis sy kop by die bo-sak uit en skree vir hom: “En jou kat se mo*r ook!”
Herrie dink vreeslik aan dié petalje as Herrie sien en hoor hoe vol bravade die prez is om Amerika so links en regs uit te trap. Die arme Amerika kan nou niks meer reg doen nie – hy kan nie meer help om diktators wat hul eie mense afmaai uit kontensie te haal nie, en Amerika weet ook nie hoe om met geldsake te werk nie. En dit nogal met ‘n Amerikaanse president wat die ANC so hartlik in die kussings ingejuig het. Dinks net hoe sou arme Sêra Pylin aftsjop as sy die volgende Amerikaanse president word en begin teepartytjies hou.
Dié bravade van onse prez kom gepiep uit die bo-sak van die AU, en nou uit die gatsak van Brics. Eintlik BRICs.
Soos toe die olifant oor die krakende houtbrug loop, die vlooi op die olifant se oor sê: “Sjoe, maar hoe laat ons so ‘n brug darem kraak.”
Herrie weet dis nou supjoedieké of so iets, maar Herrie het ’n idee gister se getuienis deur minister Derek Hanekom in die Gelykheidshof, laat hom vir ‘n Herrie Kammaprys in aanmerking kom. Geoordeel aan die letterlik duisende siedende kommentare op die internet onder berigte hieroor, dink Herrie nie dit kan in die kategorie “gewildheid” of “intellektuele bydrae” of vir “versoening” wees nie. Terwyl dit nou supjoedieké is sal Herrie dus nog nie sê dis vir str*ntpratery nie. Maar intussen, baie geluk met die prys, oom Derek.
As daai logika van Derek geld, dan het die wit studente wat ‘n paar jaar gelede vir betogende en gillende swart studente op die Kovsiekampus “Bobbejaan klim die berg” loop sing het, mos niks verkeerd gedoen nie. Want ‘n bobbejaan is mos ‘n heel ander ding as ‘n betogende student: gaan kyk maar in enige HAT.
Behalwe natuurlik die HAT van Derek wat sê Boer = ou stelsel.
Kyk, as hierdie ou stelsel daai deurmekruis woordeboek in die hande kry, gaan dié ou stelsel daai boek verbrand.
Of is die “boer” wat so vertaal moet word, die een met die klein lettertjie?
Dan maak Derek se getuienis as deskundige getuie mos sin: Hy was jare gelede minister van ou stelsels en str*ntsake.
‘Skies Derek, het vir ‘n oomblik gevergeet. Maar Herrie, ou stelsel of te niet, vergeet gewoonlik die onaangename dinge.
Die punt, Derek, is dat ons nié ‘n homogene land bewoon nie. Om harmonie te bewerk, word nie verkry deur jou persepsie – uit die duim gesuig of werklik – op die ander af te dwing nie. Met haatspraak maak dit nogal baie saak hoe die verontregte party die breedsprakigheid of vals singery ervaar.
En hierdie ou stelsel word die Boer in, ekskuus, die mo*r in.