Subscribe by Email

Herhaalwedstryde in die FA-beker se kwarteindronde word geskrap

emirates-fa-cup-on-stand-on-pitchDie FA-beker se herhaalwedstryde in ‘n kwarteindstryd gaan van volgende seisoen af geskrap word. Die besluit beteken dat die laaste herhaalwedstryd dié tussen Manchester United en West Ham was. United het die wedstryd met 2-1 gewen. Die sokkervereniging se hoof uitvoerende beampte, Martin Glenn, sê terwyl tradisie en geskiedenis gerespekteer word, sal die nuwe verwikkeling die toernooi help om sy status as geliefde en wêreldbekende kompetisie te behou. Die besluit is deel van ‘n voortgaande hersieningproses van die kompetisie.