Subscribe by Email

Henrik Stenson wen die Britse Ope-gholftoernooi

12649511Henrik Stenson van Swede het die Britse Ope op Royal Troon gewen. Sy totaal van 264 is twintig onder baansyfer en drie beter as dié van die Amerikaner Phil Mickelson, wat tweede was, met nog ‘n Amerikaner, JB Holmes, in die derde plek op minus ses. Charl Schwartzel het die beste van die Suid-Afrikaners gevaar met ‘n totaal van gelyk aan syfer. Dit is die veertigjarige Stenson se eerste major-titel en hy is die vierde speler oor veertig om die afgelope ses jaar die gesogte Claret-beker te wen.