Subscribe by Email

Helde van Hoop skep platform vir outisme by Aardklop

Helpende Hand van Solidariteit maak oor ʼn week by Aardklop Nasionale Kunstefees geskiedenis wanneer 10 jong Helde van Hoop met outisme hulle kunswerke vir die wêreld wys.
Die jong outistiese kunstenaars se kunswerke word tydens die unieke uitstalling op die Aardklop feesterrein uitgestal van 4-8 Oktober.
Outisme is tans die vinnigste groeiende kinderafwyking ter wêreld. In 1994 is een uit elke 1000 mense met outisme gediagnoseer en vandag is een uit elke 100 mense outistiese. Ongeveer 75% van hierdie gevalle is seuns.
Hieronder is van die kunswerke van die Bloemfonteinse outistiese kunstenaar, Jandré Toerien. Die organiseerders het te laat van sy werke verneem om uitgestal te word, maar dit word op aandenkings soos bekers aangebring wat ten bate van onder beursfondse vir behoeftiges te koop sal wees.