Subscribe by Email

Heilige Land lewer antieke juwele op

Twee juwelevondste uit antieke tye het die argeoloë in die Heilige Land aan die gons.

Die juwele is meer as ‘n duisend jaar uitmekaar versteek, die oudste waarskynlik deur ‘n Kanaänitiese vrou naby Megido, en die jongste deur ‘n welgestelde Joodse vrou tydens die Bar Kokhba-opstand tydens die bewind van Nero en sy opvolgers. Die argeoloë meen sy het haar juwele en munte voor of tydens die opstand by die hedendaagse Kiryat Gat begrawe met die idee om dit later weer op te grawe, maar kon dit toe nie doen nie.

Die ouderdom van die Kanaänitiese vrou se juwele word op sowat 3 000 jaar geraam, en is in ‘n kermiekvaas in die ruïnes van ‘n huis gevind.

Die eerste foto is van ‘n voorbeeld die Joodse vrou se juwele (foto Sharon Gal, Israel Antieke Aut, en die tweede van die Kanaänitiese vrou s’n (Foto Dan Bality, AP).