Subscribe by Email

In hegtenis geneem in verband met die vragmotoraanval in Nice

niceDie vyf mense wat in hegtenis geneem is in verband met die vragmotoraanval in Nice, Frankryk, is aangekla van medepligtigheid aan moord deur ‘n groep met terreurbande. Vier-en-tagtig mense is dood en meer as 300 is beseer nadat Mohamed Lahouaiej-Bouhlel verlede week tydens die Bastille-dag-viering met ‘n vragmotor in ‘n skare mense ingejaag het. Volgens inligting oor soektogte en foto’s op Lahouaiej-Bouhlel se foon, het hy reeds sedert verlede jaar ‘n aanval beplan. Die vyf sal in aanhouding bly tot hulle volgende verskyning in die hof.