Subscribe by Email

Hayibo moet deure sluit, en dit is gin grap!

Die satiriese webtuiste Hayibo.com gaan sy laaste artikels Vrydag plaas, nadat daar nie genoeg inkomste kon genereer word uit advertensies nie. ’n Skrywer van die webtuiste, Ant Pascoe, sê dat tussen 80 en 100 duisend unieke besoekers per maand, nie adverteerders kon inbring wat belangstel om daar te adverteer nie. Hy sê dat meeste adverteerders hou baie van die webtuiste, maar wil nie hulle handelsmerk met die webtuiste assosieer nie omdat dit volgens hulle te kontroversieel is.

Pascoe sê dat hulle nou nodig het om prettige dinge te gaan aanvang, soos om egte regte betalende werk te kry, asook om te eet.

Vir meer oor Hayibo besoek hulle gerus vir oulaas, tensy daar ’n redder vorendag tree.

One Response to Hayibo moet deure sluit, en dit is gin grap!

  1. Winston

    September 1, 2010 at 11:01 am

    Dis jammer om dit te hoor, maar dis hoe Suid Afrikaaners is so lank jy iets verniet doen dan is dit reg, sodra hulle vir dit moet betaal of iets opoffer dan wil hulle niks met dit te doen he nie. Ek voel vir julle Hayibo, dankie vir als wat julle al gedoen het. Ek weet hoe julle voel….