Subscribe by Email

Hartseer Nelson Mandela sal nie die WB2010 opening bywoon nie

Nelson Mandela is in rou na die dood van sy kleinkind Zenani gisteraand in ’n motorongeluk op die M1 terwyl sy op pad terug na Johannesburg was vanaf die afskopkonsert van die WB2010 wat gisteraand plaasgevind het.

“Dit sal dus onfatsoenlik vir hom wees om vandag die opening van die WB2010 by te woon” het Sello Hatang, woordvoerder van die Mandela stigting verklaar.

Intussen is die bestuurder van die voertuig waarin die 13 jarige Zenani verongeluk het, in hegtenis geneem op ’n aanklag van dronkbestuur asook manslag. Daar word verwag dat hy vandag in die hof sal verskyn.