Subscribe by Email

Handevol Bokke gelys maar steeds omstredenheid

Springbok Rugby

Springbok Rugby

Baie min kan wys word uit die 51 name wat deur SARU vir Springbok-logistieke kamp “opgeroep” is.
Die 51 spelers verteenwoordig van jonk-belowend, tot ervare tot op huidige vertonings vanjaar, oor die muur. Die groep sluit nie spelers wat in die buiteland speel in nie, en ‘n Springbokspan kan waarskynlik nog ‘n paar aanspraakmakers van buite die groep insluit.
Tog kan die een an ander oor Peter de Villiers se denke agtergekom word:
Die Cheetahs se eina-verdediging agterlangs laat ‘n merk. Slegs Sarel Pretorius, wat met sy aanvallende spel die bynaam Super Sarel verwerf het, is onder die Cheetah-agterspelers. Word die Cheetahs na sy Curriebekerkandidate verskraal, is daar nie een agterspeler nie, ook nie die Springbok Andries Strauss wat onder beserings gebuk gaan.
Meyer Bosman, wat in wese met Strauss plekke geruil het na die Haaie toe, is ook nie in die groep nie.
Die WP, Blou Bulle en die Haaie is goed in die groep verteenwoordig, ook met spelers wat sterk tender vir ‘n persepsie van oor die muur weer, of dat hulle ook aan die krieketsiekte, senioritis begin ly, en hulle aan afrigters en spanbestuurders afvee.
Met Gio Aplon, Bjorn Basson, Juan de Jongh, Patric Lambie en Sarel Pretorius in die groep, lyk dit of die keurders net dalk ‘n span in die oog het wat die ander spanne dronk moet hardloop. Die groot agterspelers wat deesdae internasionale rugby oorheers, sal stellig sulke planne vroeg doodsmoor.
Ricky Jauarie bly deel van De Villiers se planne, wat stellig weer ‘n paar storms om die snorreman se kop sal laat losbars.
Die keuse van hakers dui ook daarop dat De Villiers steeds vir John Smit as haker en spelende kaptein in die oog het. Onlangs het die gedagte om Smit, soos met tennisspanne die praktyk is, as nie-spelende kaptein saam te neem. As Smit speel, beteken dit dat minstens twee beter hakers as hy op die kantlyn sal sit.

Speler Bond Toetse
Willem Alberts Haaie 3
Gio Aplon WP 13
Bjorn Basson Blou Bulle 4
Andries Bekker WP 24
Bakkies Botha Blou Bulle 72
Heinrich Brüssow Cheetahs 13
Schalk Burger WP 63
Keegan Daniel Haaie 1
Juan de Jongh WP 6
Jean de Villiers WP 67
Bismarck du Plessis Haaie 36
Jannie du Plessis Haaie 24
Fourie du Preez Blou Bulle 55
Jaque Fourie WP 62
Peter Grant WP 5
Bryan Habana WP 68
Alistair Hargreaves Haaie 2
Francois Hougaard Blou Bulle 8
Adi Jacobs Haaie 32
Elton Jantjies Goue Leeus –
Ricky Januarie WP 47
Ryan Kankowski Haaie 17
Zane Kirchner Blou Bulle 14
Werner Kruger Blou Bulle –
Pat Lambie Haaie 4
Francois Louw WP 7
Bandise Maku Goue Leeus 1
Lionel Mapoe Goue Leeus –
Victor Matfield Blu Bulle 105
Charl McLeod Haaie –
Tendai Mtawarira Haaie 26
Waylon Murray Goue Leeus 3
Lwazi Mvovo Haaie 2
Odwa Ndungane Haaie 7
Wynand Olivier Blou Bulle 31
Coenie Oosthuizen Cheetahs –
JP Pietersen Haaie 36
Dewaldt Potgieter Blou Bulle 6
Sarel Pretorius Griekwas –
Chiliboy Ralepelle Blou Bulle 18
Danie Rossouw Blou Bulle 54
John Smit Haaie 102
Juan Smith Cheetahs 69
Pierre Spies Blou Bulle 40
Gurthrö Steenkamp Blou Bulle 31
Deon Stegmann Blou Bulle 4
Morné Steyn Blou Bulle 25
Adriaan Strauss Cheetahs 9
CJ van der Linde WP 69
Flip van der Merwe Blou Bulle 10
Duane Vermeulen WP