Subscribe by Email

Hamilton wen Monaco GP

gpDie verdedigende kampioen, Lewis Hamilton van Brittanje, het sy eerste Formule Een-grand prix van die seisoen gewen toe hy in Monaco geseëvier het. Die Mercedes-jaer het in die derde plek weggespring en die Australiër Daniel Ricciardo in sy Red Bull en sy eie spanmaat, Nico Rosberg van Duitsland, verby gesteek. Ricciaro het in die tweede plek geëindig, die Meksikaan Sergio Perez van Force India derde en Rosberg sewende.