Subscribe by Email

Hallo Lewe! is pas in boekvorm gepubliseer

Tanya O’Connor, bekend vir haar sarie.com-blogs, Hallo, lewe!, het dit pas in boekvorm gepubliseer. Die 42 jarige Tanya O’Connor se blog vertel van ’n vrolike vrou wat weet hoe om te oorleef. Haar eerste man is in haar arms dood ná ’n motorfietsongeluk. Sy het weer liefde gevind, het swanger geword ná ’n miskraam en is nou die trotse ma van klein Rory.

Tanja sê: “Dit het  begin met ‘n blog. My uitgewer het my skryfsels raakgelees en my gekontak met ‘n aanbod vir ‘n boek.  Ek het geskryf oor ‘n lewe saam met ‘n ma met depressie. Hoe het my ma se siekte my beïnvloed ?  Ek het geskryf oor die dood van my man, ma,  pa en ouma oor ‘n tydperk van 12 jaar,  en hoe ek dit hanteer het. Ek het geskryf hoe dit voel om ma te word op 42. Ek het geskryf oor hoekom ek elke dag sê Hallo Lewe.”

Haar boek, Hallo, lewe!, is ook aan haar seuntjie opgedra. In haar boek skryf sy oor wat vir haar van dag-tot-dag werk. Hoe sy elke dag vir die lewe sê: “Hallo, lewe, ek gaan vandag leef en lewe”

Sy het juis begin blog om die inspirasie wat elke dag oor haar lewenspad kom te deel met ander. Haar blogs op ‘n groot Sondagkoerant se webblad is die mees gelese. Só word tussen 500 en 1 000 gebruikers élke dag geïnspireer.

Luister Donderdag na RSG wanneer Tanya meer gaan vertel oor haar boek.

Hierdie inspirerende boek is nou beskikbaar by Boekblik.