Subscribe by Email

Gwede Mantashe rig boodskap aan Cosatu

Cosatu

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe het ‘n  sterk boodskap aan Cosatu gerig toe hy die gesondheidswerkers-vakbond, Denosa, se sewende nasionale kongres in Boksburg toegespreek het.

Mantashe het Denosa versoek om ‘n rol te speel om Cosatu verenig te hou. Hy het verwys na Sdumo Dlamini, Cosatu se president, en Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris, wat verskillende faksies in die vakbond lei. Hy het gesê Cosatu kan nie gaan oor ‘n president of ‘n hoofsekretaris nie.

“Cosatu moet gaan oor sy filiale en die werkers.  Dit gaan egter pynvol wees om die federasie te herbou want dit vereis geduld, verdraagsaamheid en die vaardigheid om die ander mening te kan verstaan.”

“Daar sal geen federasie wees as dinge toegelaat word om voort te gaan soos wat dit tans is nie. Dit is baie maklik om cosatu te verenig.

Hy het gesê daar bestaan a strategie om die ANC- geleide alliansie te vernietig