Subscribe by Email

Guptas nuus

guptas+and+zumaSolidariteit sê die toekoms van die Gupta-familie se sakeryk in Suid-Afrika kan in gedrang wees weens hulle politieke bande met president Jacob Zuma. Dit volg nadat verskeie van die land se groot banke onlangs hulle bande met die Guptas verbreek het. Eugene Brink van die vakbond het Zuma gevra om aanspreeklikheid te aanvaar vir die waarskynlike werksverliese wat kan volg op die familie se korrupte misbruik van die staat:

 

Die Vryheidsfront-Plus het die regering intussen gevra om die staat se aandele in die Guptas se maatskappy, Oakbay, onmiddellik te verkoop te midde van aanduidings dat dit kunsmatig hoog gehou word. Die omstrede familie het volgens berigte die naweek die land verlaat nadat Absa, Eerste Nasionale Bank en die ouditeursfirma KPMG hulle rug op hulle gedraai het. Die VF-Plus sê die staat hou tans deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie aandele ter waarde van 256 miljoen Rand in Oakbay wat verkoop moet word voor die prys tuimel en groot verliese gely word.