Subscribe by Email

Grootste Maya-reservoir gevind

Navorsers het die grootste reservoir in die antieke Mayastad, Tikal in die hedendaagse Gautemala, gevind. Dié dan was sowat 80 meter lank, tien meter hoog en kon ‘n beraamde 100 miljoen liter water hou.

Tikal het teen 700 na Christus ‘n bevolking van tussen 60 000 en 80 000 mense gehad, en die omgewing se totale bevolking was ongeveer 5 miljoen. Dit is ‘n groter bevolking as wat die streek nou het, en wetenskaplikes krap steeds kop oor hoe die streek eens so ‘n groot bevolking kon onderhou.

Die gebied gaan onder seisoenale reën en periodieke langdurige droogtes gebuk.

Dit was reeds bekend dat die Mayas uitgebreide kanale gehad het wat saam met die geplaveide paaie en ander oppervlaktes na reservoirs afgevoer het. Sandfilters het die reservoir se inloopwater gefiltreer. Die Mayas het slegs klipwerktuie geken.

Die reservoir word in grootte in die gebied van Meso-Amerikaanse beskawings slegs deur die Purrondam in Meksiko se Tehuacanvalei. Die Purrondam is oor ‘n tydperk van ongeveer ‘n 1 500 jaar gebou en vergroot, en kon uiteindelik meer as 5 miljoen kubieke meter water bevat.

http://www.eurekalert.org/pub_releases/2012-07/uoc-urr071612.php

http://books.google.co.za/books?id=Ne4eBqx-2s4C&pg=PA219&lpg=PA219&dq=%22Purron+Dam%22&source=bl&ots=GXggJSfz4k&sig=WIewc3OCzydil9tB6S7tWS7dG1E&hl=af&sa=X&ei=JWoGUOflIdK4hAehvJDRBw&ved=0CEMQ6AEwAQ#v=onepage&q=%22Purron%20Dam%22&f=false

 

Foto: Deel van ‘n kanaal wat die Mayas gebou het

 

 

Herman Toerien