Subscribe by Email

Groote Schuur Hospitaal dank werknemer af oor foto’s op Facebook.

Een van die vele verstopte toilette by Groote Schuur Hospitaal

’n Elektrisien by Groote Schuur hospitaal, een van Kaapstad se grootste publieke hospitale, is afgedank omdat hy foto’s van verstopte toilette van die hospitaal op Facebook gepubliseer het.

Johan Beaurain was twee weke gelede afgedank omdat hy die hospitaalbestuur se opdragte om te stop met die klagtes oor die toilette op Facebook, geïgnoreer het.

Beaurain sê dat die verstopte toilette ’n gesondheidsgevaar inhou by die hospitaal, omdat die lugreëling van die hospitaal die reuke vanaf die verstopte toilette regdeur die hospitaal sirkuleer. Hy het ’n week voor sy afdanking op Facebook geskryf “Dit is onaangenaam om in Groote Schuur hospitaal te loop omdat die lugreëling die stank van die verstopte toilette sirkuleer deur die hospitaal”.

Hy was eers gedurende Desember geskors omdat hy ’n petisie versprei het waarin hy vra vir skoon toilette by die hospitaal. Die hospitaalbestuur het aan hom gesê hy vergroot die probleem aangesien hulle wel chemikalieë op die verstopte inhoud van die toiletbakke gooi.

Groote Schuur woordvoerder Alaric Jacobs kon nie kommentaar lewer oor die ontslag of die verstopte toilette nie.

Die foto’s soos deur Johan gepubliseer kan hier gesien word.

7 Responses to Groote Schuur Hospitaal dank werknemer af oor foto’s op Facebook.

  1. Johan Beaurain

    Januarie 1, 2012 at 9:04 am

    Hier is die uitslag van my arbitrasie saak waar ek my ontslag teengestaan het: https://www.facebook.com/media/set/?set=a.10150477473130973.421847.539320972&type=3

  2. Alpa

    Oktober 19, 2010 at 10:26 am

    Johan, Kuifie, dit IS bestuur wat sleg is. En ek glo ook nie dit is omdat hulle ‘n verskuilde slim plan het om bv die nasionale regering ( of plaaslike) te laat faal nie. Ek dink dit is – tipies Suid-Afrikaans deesdae – bestuurders wat te lui is om hulle werk behoorlik te doen, aksie te neem en verantwoordelikheid daarvoor te neem instede van politiese korrektheid te beoefen en bang te wees om die (politieke?) here bokant hulle se gramskap op die hals te haal.
    So ja, ek stem saam me”t die dinge net regkom wanneer gemeenskappe gesamentlik verantwoordelikheid begin neem vir dit wat plaaslik verkeerd loop.” maar ook, ons moet die wat verantwoordelik is tot veranwoortding roep EN self so, en met integriteit in ons eie werk en woonplek optree. Wel gedaan met jou oorgaan tot aksie, Johan

  3. Johan Beaurain

    Oktober 9, 2010 at 5:13 am

    Kuifie, ek verstaan wat jy probeer se, maar ek stem nog steeds nie saam nie. Ek kan nie praat vir ander hospitale nie. Ek kan net praat vir Groote Schuur Hospitaal waar ek presies weet wat aangaan.

    Die punt wat ek probeer maak is dat ons nie net altyd die nasionale regering kan wil blame vir dinge wat plaaslik verkeerd loop nie. Sommige van hierdie bestuurders is moedswillig. Hulle is moedswillig in die sin dat hulle laat toe dat dinge uitmekaar uit val omdat hulle graag wil he dat die nasionale regering moet vaal. Daarom laat hulle toe dat werkers in die hospitaal die plek rot en kaal steel. Of hulle laat toe dat werkers planloos werk sonder sistematiese skedules omdat hulle eintlik gladnie wil he dat die al die toilette in die hospital behoorlik moet funksioneer nie. Of dalk laat hulle toe dat dinge agteruitgaan want dank kan hulle later kontrakte aan hulle vriende toeken om die gemors te kom regmaak.

    In my opinie sal die dinge net regkom wanneer gemeenskappe gesamentlik verantwoordelikheid begin neem vir dit wat plaaslik verkeerd loop.

  4. Kuifie

    Junie 17, 2010 at 9:11 pm

    Beste Johan Beaurain, as ek jou seer gemaak het …jammer hoor.
    Ek weet my opmerking is nie regvergdig nie, want ‘n mens kan nie so maar dinge veralgemeen nie. Ek probeer maar die stil swygers se persepsies wat daar heers oor Suid Afrika wat meer woord kleur en lig te gee, want vir baie swygers lyk die prentjie maar donker.. Ek probeer die korrekte politieke dinke aweregs te skryf want teen persepsies kan ‘n mens nie baklei nie, jy gaan verloor, dit praat altyd die waarheid. So bestaan die persepsie dat staatshospitale vrot is…. hoekom is dit so dink jy…wat kan ons daaraan doen om dit te keer?.
    Jy skryf so mooi…
    ” Ek dink dit het meer te doen met wie is in beheer van ‘n hospital, en hoe hulle dinge bestuur.” is die probleem nie eerder …Ek dink dit het meer te doen met wie is in beheer van die land, en hoe hulle dinge bestuur….persepsies gaan nie somaar verdwyn.

    Groetnis Johan.

  5. Johan Beaurain

    Junie 10, 2010 at 12:21 am

    Kuifie, ek dink nie dat jou opmerking oor die derde wereld is n regverdige opmerking nie.

    Dit klink vir my amper asof jy wil se dat dit is omdat daar nou n demokratiese verkose regering is, dat dinge skeefloop.

    Ek dink dit het meer te doen met wie is in beheer van n hospital, en hoe hulle dinge bestuur.

    Wanneer die publiek maar net gaan aanvaar as n spesifieke hospital sleg bestuur word, en verder niks daaromtrent doen nie, dan sal dinge agteruitgaan.

    Wanneer gemeensakappe bymekaarkom en op n georganiseerde wyse beswaar aanteken wanneer dinge sleg bestuur word, kan dit nogal help om dinge weer reg te ruk.

    Maar wanneer bestuurders sien dat hulle kan wegkom met onverantwoordelike of korrupte bestuurspraktyke, dan gaan hulle net aan en aan met hulle ding.

    Sommige bestuurders gaan met alle verskonings vorendag kom, en andere die skuld wil gee terwyl dit eintlik hulle is wat nie hulle werk behoorlik doen nie.

  6. oomfran

    Junie 8, 2010 at 9:52 am

    Dits skandalig vir woorde daar moet meer sulk werknemer wees!!!!

  7. Kuifie

    Junie 7, 2010 at 3:27 pm

    Groote Schuur Hospitaal is die hospitaal waar Dr Chris Bernard die éérste hartoorplanting gedoen het…Ek is seker die toilette het in die daë…spick and span… clean and tidy…smart and new daar uitgesien. Alles verval vandag in ‘n 3de wêreldskomponent.
    Johan Beaurain moes nooit sy eie naam op Facebook gebruik het nie. Nou het hy nog 3 maande tyd om na die arbeidershof te gaan om sy ontslag teen te staan, maar gaan hy wen? Die arbeidershof sit vol van 3de wêreldse komponente.