Subscribe by Email

Groot Trek Herdenkingsembleem

Die FAK het in samewerking met MaroelaMedia ‘n embleem ontwerp vir die 175 Groot trek herdenkingsjaar.
Al die kultuurorganisasies word versoek om met enige Groot Trekprojek gedurende 2013 die embleem saam met hulle eie te gebruik. Die FAK het ook ‘n bladsy op sy webblad vir die Groot Trekherdenking geskep waarop organisasies hulle projekte kan bekend stel.
U is welkom om projek te stuur aan lindievanzyl@fak.org.za vir bekendstelling op die webbladsy. Gaan besoek gerus www.fak.org.za
om te sien watter projekte al reeds aangepak word.

One Response to Groot Trek Herdenkingsembleem

  1. DuP du Plessis

    Augustus 27, 2013 at 1:23 pm

    Verw: “Al die kultuurorganisasies word versoek om met enige Groot Trekprojek gedurende 2013 die embleem saam met hulle eie te gebruik.”
    Goeiedag Koerant.com,
    Na aanleiding van julle artikel: “Groot Trek Herdenkingsembleem”, wil ek net graag seker maak of ek iewers moet aansoek doen om die FAK se Herdenkingsembleem te mag gebruik.
    Ek is voorsitter van die HS van Blerk Stigting, en ons is besig om die eerste roman in HS van Blerk se Majuba-reeks “Blydevooruitzicht” her uit te gee as ‘n Groot Trek 175 gedenkuitgawe. Ons sal graag die ‘Groot Trek 175’ embleem daarop wil gebruik.
    Ons sal dit waardeer as u vir ons meer inligting hieromtrent kan verskaf.
    Groete,
    DuP du Plessis