Subscribe by Email

Groot dele van Johannesburg is sonder water

waterVerskeie dele van Johannesburg gaan tot môre sonder water wees terwyl instandhoudingswerk gedoen word aan die pypleiding by die opgaardam in Honeydew. Gebiede wat geraak word, sluit in Honeydew‚ Zandspruit‚ Kya Sands‚ Mogale City‚ Nooitgedacht‚ Cosmo City en Lanseria. Woordvoerder Hilgard Matthews sê watertenkwaens sal beskikbaar wees terwyl die werk gedoen word tussen nege uur vanoggend en drie uur môremiddag.