Subscribe by Email

Groot aardbewing skud Japan

Japan is pas deur een van die ergste aardbewings nog geskud. Die skudding van magnitude 8,9 is volgens die Nederlandse koerant Trouw, die ergte in sewe jaar. Dit is sterker as die skudding van 8,8 wat net meer as ‘n jaar gelede grootskaalse dood en verwoesting in Chili gelaat het.
Volgens vroeë berigte is baie mense beseer, is die lughawe van Tokio gesluit, treindienste het op plekke tot stilstand gekom en die Effektebeurs het ‘n knou weg.
Hierdie bielie-skudding volg enkele dae na nog in blielie van 7,2 in dieselfde omgewing. Hierdie skudding was die eerste skudding van meer as magnitude 7 sedert die suidweste van Pakistan op m18 Januarie geskud is. Tussen 1 Januarie en 18 Januarie was daar vier skuddings van meer as sewe in verskillende wêrelddele, waarna amper twee maande se stilte gevolg het.
Die skudding wat op 21 Februarie soveel dood en verwoesting in Christchurch veroorsaak het, het “maar” 6,3 op die Richterskaal gemeet. Daarna sou bykans twee weke volg voor die volgende beduidende skudding, 6,5 by die Suid-Sandwich-eilande sowat ‘n duisend kilometer suidoos van die Fakllandeilande. Die volgende dag is die Solomon-eilande naby Papua Nieu-Guinee deur ‘n skudding van sowat 6,6. Twee dae later, op 9 Maart was die eerste grote by Japan, die volgende dag is die omgewing van Papoa Nieu-Guinee weer geskud, die keer met 6,5, en gevolg deur die bielie by Japan.
Op 10 Maart was daar ‘n “ligter” skudding van 5,4 in China, wat na berig word tot vele ongevalle gelei het.
Die patroon wat aardbewings vanjaar volg, gee opnuut stimulus aan die gedagte dat die een aardbewing ‘n ander “losskud.” Dit lyk ook of langer tydperke van stilte spanning in die aardkors se tektoniese plate laat opbou, en dat ‘n werklike grote “nodig” is om dit weer te laat ontspan.
Hieronder die lys van beduidende aardbewings vanjaar, soos verskaf deur die Amerikaanse Geological Survey. – Herman Toerien
• Magnitude 8.9 NEAR THE EAST COAST OF HONSHU, JAPAN March 11, 2011
• Magnitude 5.4 MYANMAR-CHINA BORDER REGION March 10, 2011
• Magnitude 6.5 NEW BRITAIN REGION, PAPUA NEW GUINEA March 09, 2011
• Magnitude 7.2 NEAR THE EAST COAST OF HONSHU, JAPAN March 09, 2011
• Magnitude 6.6 SOLOMON ISLANDS March 07, 2011
• Magnitude 6.5 SOUTH SANDWICH ISLANDS REGION March 06, 2011
• Magnitude 4.7 ARKANSAS February 28, 2011
• Magnitude 6.3 SOUTH ISLAND OF NEW ZEALAND February 21, 2011
• Magnitude 4.1 ARKANSAS February 18, 2011
• Magnitude 6.6 OFFSHORE MAULE, CHILE February 14, 2011
• Magnitude 6.8 OFFSHORE BIO-BIO, CHILE February 11, 2011
• Magnitude 6.5 CELEBES SEA February 10, 2011
• Magnitude 7.2 SOUTHWESTERN PAKISTAN January 18, 2011
• Magnitude 7.0 LOYALTY ISLANDS January 13, 2011
• Magnitude 6.6 VANUATU January 09, 2011

3 Responses to Groot aardbewing skud Japan

  1. Maria Magdalena Janse van Rensburg

    Mei 1, 2016 at 6:18 am

    Ja mens kan net En vra God gee genade daar in Japan En wees by hulle wat nog lewe onder daardie stukke vasgekeer is gee verligting van pyn ons Vra dit in U naam Amen Dankie Jesus

  2. jolida

    Mei 9, 2014 at 7:29 pm

    oorsaak van aardbewing?

  3. cindy cartner

    Mei 30, 2011 at 3:23 pm

    wow