Subscribe by Email

Grondwethof lewer vandag uitspraak oor kiesers se adresbesonderhede op die kieslys

13417685_1091623507577348_5360119711769973621_nDie Grondwethof lewer vandag uitspraak oor die kieslys, wat ‘n invloed kan hê op die plaaslike regeringsverkiesing in Augustus. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die hof in April genader toe die Kieshof hom gedwing het om tussenverkiesings in die Tlokwe-stadsraad in Potchefstroom uit te stel sodat die name en adresse op die kieslys bevestig kan word. Die OVK betoog dat die Kieshof se besluit sal beteken dat minstens ag miljoen mense nie sal kan stem nie omdat hulle nie vaste adresse het nie.

One Response to Grondwethof lewer vandag uitspraak oor kiesers se adresbesonderhede op die kieslys

  1. Koos

    Junie 14, 2016 at 12:10 pm

    So be it, as die adres vals is moet die persoon nie kan stem nie, dalk is sy algehele identiteit vals.