Subscribe by Email

Grondwethof gaan uitspraak lewer in die Robert McBride-saak

Robert+McBrideDie grondwethof sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die saak van die geskorste hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride. Hy doen aansoek om weer aangestel te word nadat hy verlede jaar in Maart geskors is weens sy beweerde betrokkenheid by die onwettige deportasie in 2010 van vyf Zimbabwiese moordverdagtes. Die minister van polisie, Nathi Nhleko, het reeds toegegee dat hy ongrondwetlik opgetree het toe hy McBride geskors het, maar sê hy het dit te goeder trou gedoen. McBride hou vol dat sy skorsing onwettig was.