Subscribe by Email

Grondwethof bekragtig die bedrag wat Zuma vir Nkandla moet betaal

graphic-spending-580pxDie Grondwethof het die bedrag bevestig wat president Jacob Zuma moet terugbetaal vir nie-sekerheidsopgraderings wat aan Nkandla gedoen is. Die Tesourie het aanbeveel dat hy 7,8 miljoen Rand moet betaal van die sowat 250 miljoen Rand wat die staat aan sy privaat landgoed in KwaZulu-Natal bestee het. Dit dek die koste van die swembad, beeskraal, hoenderhok, besoekersentrum en amfiteater. Die bedrag is bereken in ooreenstemming met pryse in 2009 toe die projek begin het. Zuma moet binne 45 dae betaal.