Subscribe by Email

Grondwethof behou uitspraak voor in die saak van die OVK

3224190442Die Grondwethof het uitspraak voorbehou in die Onafhanklike Verkiesingskommissie se dringende aansoek dat die land se hoogste hof moet ingryp nadat die Kieshof die kieserslys vir die Tlokwe-tussenverkiesing in Potchefstroom, Noordwes, tersyde gestel het. Die Grondwethof het verlede jaar die uitslag van 2013 se tussenverkiesing ongeldig verklaar weens ongerymdhede op die kieserslys. Die OVK het betoog dat minstens sestien miljoen mense op die nasionale kieserslys nie adresse het nie en dat dit ongrondwetlik sou wees om hulle daarom van die lys te verwyder.