Subscribe by Email

Grieke nie net ekonomies geskud

‘n Dag na ‘n aardbewing van M5 die Griekse eiland, Kreta, geskud het, is die suide van Griekeland deur net so ‘n stewige aardbewing geskud. Berigte lui dat van die mense in die geaffekteerde gebiede tot uit hul beddens geslinger is, maar ongevalle en skade is nog nie aangemeld nie.
Die twee skuddings is voorafgegaan en gevolg deur ‘n rits veel ligter skuddings wat ‘n wye omgewing raak, waaronder ook in Italië.
Onlangs is die suide van Nederland ook deur ‘n paar ligte skokke getref.