Subscribe by Email

Greenpeace beset Shell se hoofkantoor

Greenpeacebetogers het vroeg gisteroggend die hoofkantoor van die Brits-Nederlandse oliemaatskappy Shell in Den Hag beset.

Die betogers het ook Shell se vlag op die dak van die gebou gestryk.

Die protes is teen Shell se boordery in die Noordpoolgebied.

Die direkteur van Greenpeace, Sylvia Borren, sê Shell doen hom voor as omgewingsbewuste organisasie maar investeer in omgewingsriskante projekte in ‘n poging om tot die laaste bietjie olie uit die aarde getap te kry.

Bron: Trouw

Foto: ANP. Shell se hoofkantoor in Den Haag

 

 

Herman Toerien