Subscribe by Email

Graf van die apostel Filippus ontdek?

‘n Groep argeoloë onder die leiding van die Italiaanse argeoloog, prof. Francesco d’Andria, maak daarop aanspraak dat hulle die graf van die apostel Filippus, in Wes-Turkye gevind het. Die graf self is nog nie geopen nie, en die afleiding word uit inskripsies en oorlewering gemaak.

Die graftombe is in die ruïne van ‘n kerk in hedendaagse Pamukkale gevind, wat in antieke tye weens die warmwaterbronne daar, as Hierapolis bekend gestaan het.

Volgens oorlewering het Filippus ‘n martelaarsdood gesterf.

Dit is nog onseker of die wêreld se gerekende argeoloë die vonds sonder veel meer navorsing as outentiek en juis sal erken. Die aankondiging is in die gewone pers gedoen, en het populêre argeologiese publikasies nie via ‘n erkende wetenskaplike joernaal en portuuroorsig gehaal nie.

Argeoloë maak toenemend van hierdie weg gebruik, behaal groot publisiteit soos onder meer onlangs oor die beweerde ontdekking van Atlantis, waarna die storie weer die nuustoneel verlaat.

D’Andria staan as mediavraat bekend.

Herman Toerien