Subscribe by Email

Goudprys teen 2014 op $2 300!

Die Oostenrykse Erste Bank glo die goudprys kan volgende jaar tot $2 000 per fyn ons styg, en aan die einde van die jaar daarna tot $2 300. Goud het vanoggend teen $1 589,40 verhandel na dit sedert middernag met meer as $17 gestyg het).

Die bank verskaf ‘n wye reeks redes, waaronder die Federale Reserwebank se beleid van zero-rente tot ten minste 2014. Baie lande probeer ook hul “verslawing” aan die dollar afskud, aldus ‘n ontleder vir die bank, Ronald Stöferle.

Hy wys voorts daarop dat 70 % van die wêreld se vraag na goud in 1980 uit die VSA en Europa gekom het, terwyl dit nou net 20 % is. Die opkomende markte se groei plaas opwaartse druk op die goudprys en die afgelope vyf jaar het die aanvraag na goud uit die opkomende ekonomië tot 70 % gestyg. Hiervan is die helfte uit China en Indië.

“So lank as wat rente laag bly en inkomstes in China en Indië bly styg, sal die aanvraag na goud bly styg,“ sê Stöferle.

Bron: Berliner Umschau

Volledige berig (in Duits) by http://www.berlinerumschau.com/news.php?id=57200&title=Erste+Bank+erwartet+Goldpreis+von+2.300+Dollar+&storyid=1001342189784

  Herman Toerien