Subscribe by Email

Goudprys $100 per fyn ons hoër as platinum

Die goudprys het pas tot ‘n vlak van $100 per fyn ons hoër as die platinumprys gestyg. Tradisioneel is die platinumprys hoër as die goudprys.

Dié ongewone situasie is bereik toe goud tot $1 657,50 gestyg het, en die platinumprys wat ook opwaarts aan die beweeg is maar draal, $1 558 per fyn ons gehaal het.

Goud was twee dae gelede nog op $1 598,70 maar het daarna skouspelagtig herstel, maar is nog ver agter die onlangse hoogtepunt toe dit op 2 September vlugtig sy kop tot net bo die $1 900-vlak gelig het.

Goud dien tradisioneel as barometer vir die stand van die wêreldekonomie, waar beleggers in tye van onstabiliteit hul toevlug neem, terwyl platinum, wat meer nywerheidsaanwendings het, se stygings en dalings gewoonlik die teenoorgestelde tendense toon. Trouens, platinum neig om op ‘n soortgelyke wyse as die olieprys te reageer.

Die styging val egter saam met ‘n herstel van die Dow, wat weer die gevolg is van sterker stemme uit Europa dat die Europese krisis afgeweer gaan word.

Herman Toerien

2 Responses to Goudprys $100 per fyn ons hoër as platinum

  1. maryna

    Mei 19, 2016 at 8:54 am

    Goud prys vir vandag

  2. maryna

    Mei 19, 2016 at 8:53 am

    Hoeveel is goud prys vandag ek sal dit waardeer as u vir my kan inlig