Subscribe by Email

Gordon Froud: kunstenaar, opvoeder, kurator en galery-eienaar

Gordon1 Gordon2 Gordon3

Gordon Froud is vir die laaste 30 jaar aktief betrokke by die Suid-Afrikaanse en internasionale kunswêreld as kunstenaar, opvoeder, kurator en galery-eienaar. Hy het al uitgestal as deel van honderde solo- en groepuitstallings in Suid-Afrika en oorsee en het al op verskeie kunskomitees regdeur Suid-Afrika gedien. Sy werk is verteenwoordig in The Rainbow Nation-beeldhou-uitstalling in Nederland en hy was die eerste ontvanger van die landskapkuns-residensie in Plettenbergbaai.

Froud behaal sy BA(FA)Hons aan die Universiteit van die Witwatersrand in 1987, ’n HOD-graad van dieselfde universiteit, en hy verwerf ook ’n Meestersgraad in Beeldhou aan die Universiteit van Johannesburg in 2009, waar hy tans as senior lektor doseer by die Beeldhoudepartement. Froud het deurgaans op skolastiese en tersiêre vlak in Suid-Afrika en London klas gegee sedert 1990. Hy was die hoof van Gordart Gallery in Johannesburg vanaf 2003 tot 2009 waar jong, opkomende kunstenaars se werk uitgestal is. Froud se eie werk word op meer as 20 uitstallings per jaar gesien.