Subscribe by Email

Gordhan glo Suid-Afrika sal afgradering na rommelstatus kan vryspring

PRAVIN-GORDHAN-MONEY-TRANSFER-SOUTH-AFRICAFinansminister Pravin Gordhan glo hy het die politieke rugsteun wat nodig is om te verhoed dat Suid-Afrika se kredietwaardigheid afgradeer word na rommelstatus. Die graderingsagentskappe Standard & Poor en Fitch gaan môre hulle hersiening aankondig. Suid-Afrika is tans net een kerf bo rommelstatus, maar Gordhan glo die regering het genoeg gedoen om ‘n afgradering af te weer. Hy sê daar sal in die volgende ses maande meer gedoen moet word om onder meer die fiskale tekort te verklein en bruto skuld teen 2019 tot 50,5 persent van die bruto binnelandse produk te verlaag deur besteding in te perk en belasting te verhoog.